Nu ook in Afrika: Geert Wilders - Reisverslag uit Johannesburg, Zuid-Afrika van babeth - WaarBenJij.nu Nu ook in Afrika: Geert Wilders - Reisverslag uit Johannesburg, Zuid-Afrika van babeth - WaarBenJij.nu

Nu ook in Afrika: Geert Wilders

Door: Babeth

Blijf op de hoogte en volg

03 Maart 2008 | Zuid-Afrika, Johannesburg

Op pagina 14 van ‘Beeld’ trof ik vandaag maar liefst twee artikelen in de categorie ‘Nederlands nieuws’ aan… goed om te lezen als ik straks heimwee mocht krijgen naar Nederland.

Terreur broei oor rolprent teen Islam
Koran glo ’n lewensgroot gevaar

Leopold Scholtz

Brussel.- Die Nederlandse regering maak hom klaar vir fel reaksie, moontlik by wyse van terreuraanslae, uit die Islamitiese wêreld na aanleiding van ’n dokumentêre rolprent oor die Islam deur die omstrede politikus mnr. Geert Wilders.
Volgens die Nederlandse televisie behoort die rolprent teen Vrydag uitgereik te word.
In die rolprent word die Islam as inherent boos en terroristies geskilder.
Wilders, leier van die ekstreem-regse Partij voor de Vrijheid (PVV), het sy houding teenoor die Islam onlangs só verduidelik: “Die Islam verdien geen respek nie, maar moet fel bestry word as ’n onverdraagsame en fascistiese ideologie.”
Hy bestempel mnr. Jan-Peter Balkenende, Nederlandse premier, as “’n beroepslafaard” wat nie bereid is om die Nederlandse kulturele identiteit teen die “verislamisering” van die land te verdedig nie.
Wilders meen die Koran behoort verbied te word as ‘n “fascistiese boek wat mense aanmoedig tot geweld”. In die prent “illustreer ek tekste en verse uit die Koran met dokumentêre beelde wat wys dat die Koran geen dooie letter is nie, maar die gesig van die Islam: een Lewensgroot gevaar”.
In die Islamitiese wêreld het ’n storm van protes begin opsteek, al is die rolprent nog nie beskikbaar nie.
’n Woordvoerder van die Egiptiese departement van buitenlandse sake het verlede Vrydag gesê: “Dit is jammer dat Europese wetgewers en politici stemme wil win deur die heilige waardes en godsdienste van ander aan te val.”
Op die Nederlandse televisie het ’n woordvoerder van die ekstremistiese Moslem-Broederskap in Egipte Nederland aangeval as ’n land van ongelowiges wat alles in sy vermoë doen om die Islam Swart te smeer.
Hy het onderneem om ’n heilige oorlog te lei om Europa vir die Islam te onderwerp en het gesê hy sal begrip hê vir Moslems wat Nederlandse ambassades, konsulate en selfs ondernemings uit protes teen die prent aanval en verwoes.
In Nederland het talle politici hulle van Wilders en sy dokumentêr gedistansieer, maar sy reg om dit te maak, verdedig.
Die Nederlandse regering het al sy ambassades en konsulate elders in die wêreld gewaarsku om ekstra beveiligingsmaatreëls te tref.
Geweldadige protes van jong Nederlandse Moslems van Marokkaanse en Turkse afkoms word ook verwag.

En daarnaast viel te lezen :

Vrou weggejaag oor swemdrag ‘aanstoot gee’

Leopold Scholtz

Brussel. – Dat Europa hom in die algemeen moeilik aanpas by die aanwesigheid van miljoene mense met ’n vreemde (Islamitiese) kultuur in sy midde, is pas weer in Nederland geïllustreer.
In die provinsiestad Zwolle is ’n jong vrou wat met ‘n “boerkini”- ’n swempak wat spesiaal vir die Islamitiese geloof aangepas is – uit ’n openbare swembad gegooi.
Die vrou is Liselotte Buitelaar, van geboorte Nederlands, en tot die Islam bekeer. Die “boerkini”(’n samenstelling van die woord “boerka”, oftewel die soort kledingstuk wat vroue in Afganistan dra wat die ganse liggaam behalwe die gesig bedek, en “bikini”) wat sy aangehad het, lyk amper soos ’n duikpak.
Ná 10 minute in die swembad het twee werknemers van die swembad haar beveel om pad te gee. Die ander swemmers neem aanstoot oor haar kleredrag, het hulle gesê.
Die bestuurder van die swembad, mnr. Hans Meijer, het aan De Volkskrant gesê die integrasie van die Moslems in Zwolle is nog nie ver genoeg gevorder dat die “boerkini” aanvaar word nie. Ander swemmers het nie daarvan gehou nie, en hy was bang dat die swemmers daarom sou wegbly.
Die verantwoordelike lid van die burgemeesterskomitee, mnr. Janco Cnossen, het Meijer se optrede in reaksie afgekeur. In die reglemente van die munisipale swembaddens staan slegs dat swemkleding “ordentlik” moet wees – en dit is die “boerkini” by uitstek.
As swembaddens teen Moslems diskrimineer, sal die stadsraad sy subsidie van € 1,5 miljoen (sowat R18 miljoen) per jaar in heroorweging moet neem, het hy gesê.
Die bestuur van die swembad het hom egter agter Meijer geskaar.
Op die webwerf van die plaaslike koerant, De Stentor, woed sedertdien ’n heftige debat. Min of meer 60% van dié wat gereageer het, steun die verbod en 40% meen die vrou moet vryelik met haar “boerkini” kan swem.
’n Tipiese reaksie was: “Dis eenvoudig te gek vir woorde. Die Moslems bly ons maar uitdaag en probeer elke keer om in die nuus te kom, en ons as Nederlanders bly maar daaroor vergader. STOP daarmee en wees wys.”

Now doesn’t that make you proud…

PS. Is die film nu al eens uitgezonden?!

  • 03 Maart 2008 - 07:40

    Pap:

    de film is dacht ik nog niet uitgezonden, de regering heeft wel kenbaar gemaakt naar buiten dat ze zich distantieren van de film en aan de buitenwereld duidelijk gemaakt dat het een initiatief van Wilders is.

  • 03 Maart 2008 - 08:42

    Madeleine:

    We wachten af....

  • 03 Maart 2008 - 09:27

    Lisette:

    Wilders zegt dat de film in ieder geval deze maand te zien is, bij een omroep of op internet. Ik vraag me ernstig af wie nog met hem in zee wil stappen, provider of omroep...

  • 06 Maart 2008 - 00:02

    Paps:

    een leuk stuk hierover op de wereld draait door van 050308 (misschien ff kijken op uitzending gemist)

  • 06 Maart 2008 - 11:39

    Paps:

    een leuk stuk hierover op de wereld draait door van 5 maart (misschien even
    kijken op uitzending gemist)

Reageer op dit reisverslag

Je kunt nu ook Smileys gebruiken. Via de toolbar, toetsenbord of door eerst : te typen en dan een woord bijvoorbeeld :smiley

Verslag uit: Zuid-Afrika, Johannesburg

Mijn eerste reis

Recente Reisverslagen:

29 Januari 2014

Nog meer avonturen

18 Augustus 2009

Jong in Srebrenica

18 Augustus 2009

Coffee and sigarets

18 Augustus 2009

Jebo

18 Augustus 2009

Jong in Srebrenica:

Actief sinds 21 Dec. 2006
Verslag gelezen: 274
Totaal aantal bezoekers 61654

Voorgaande reizen:

30 November -0001 - 30 November -0001

Mijn eerste reis

Landen bezocht: